GEREELDE VRAE
GEREELDE VRAE
Gereelde vrae :
Gereelde vrae :
Kyk gerus na die video hier onder wat stap-vir-stap verduidelik hoe om te registreer op u selfoon of u rekenaar:
Die preek se klankgreep behoort om en by 28MB te gebruik vir 30 minute. Indien die preek langer is, sal die hoeveelheid MB ook vermeerder.
Die hoeveelheid data wat gebruik word om ‘n preek se video te kyk, hang af van die kwaliteit-verstelling van die video, wat u self kan kies regs-onder op die video se verstellings. Wanneer die video se kwaliteit op die laagste gestel is (240p), behoort dit om en by 100MB te gebruik vir 30 minute of 200MB vir 1 uur. Wanneer die video se kwaliteit op die hoogste gestel is (1080p), behoort dit om en by 1.5GB te gebruik vir 30 minute of 3GB vir 1 uur.
Het u dalk u wagwoord vergeet? Probeer gerus om hom te herwin op die inteken-bladsy.
Is u dalk op meer as twee toestelle reeds ingeteken? Teken gerus eers uit op die ander toestelle, en probeer weer inteken op hierdie toestel.
Het u betaling dalk nie deurgegaan nie? Loer gerus na die vervaldatum op u debiet- of kredietkaart. As u kaart moontlik verval het, moet u die kaartbesonderhede van vooraf insleutel.
Kan u steeds nie inteken nie? Stuur asseblief ‘n e-pos met die probleem en u kontakbesonderhede aan support@ewigelig.co.za, en ons kom so gou as moontlik terug na u toe.
Gaan na die Wysig My Profiel-bladsy toe, beweeg af na die Lidmaatskap-afdeling en klik op “Kanselleer”. Neem asseblief kennis dat wanneer u die subskripsie kanselleer, gaan u toegang tot al die preke onmiddelik gesluit word. Dit is beter om te wag tot aan die einde van u subskripsie-maand, om te kanselleer. As u enige vrae het of per ongeluk u subskripsie te vroeg gekanselleer het, kontak ons asseblief by support@ewigelig.co.za.
Het ons nog nie jou vraag beantwoord nie? Stuur gerus vir ons ‘n boodskap: