KERKDIENSTE
KERKDIENSTE
Besoek ons op . . .

Algemene dienste
Elke diens is uniek!
Ewige Lig bied aan drie unieke dienste elke Sondag om 08:00, 10:00 en 18:00. Daar is ‘n plekkie vir almal: of u verkies om in die moederskamer te sit, heel voor, bo-op die gallery, of selfs agter.
Besoek ons op . . .

Algemene dienste
Elke diens is uniek!
Ewige Lig bied aan drie unieke dienste elke Sondag om 08:00, 10:00 en 18:00. Daar is ‘n plekkie vir almal: of u verkies om in die moederskamer te sit, heel voor, bo-op die gallery, of selfs agter.

Ewige Lig se babaklassie neem babas vanaf 2 maande tot en met 2 jaar. Die klas is groot met genoeg speelgoed vir elke ouderdom. Die oppassers het almal ‘n hart vol vertroosting en liefde vir die babas.


Ewige Lig Kinderkerk bedien kinders vanaf 3 – 13 jaar. Daar is ‘n klassie vir elke ouderdom met ‘n unieke sillabus vir elkeen. Die onderwysers het ‘n hart om ‘n pad te stap saam met elke kindjie, om te verseker dat hulle vir Jesus leer ken.
Skakel vir Milan Bye om meer uit te vind – 072 199 4992



Ewige Lig Tienerkerk is vir alle kinders vanaf 14 jaar. Daar vind lofprysing plaas, ‘n kragtige boodskap word aangebied en daar vind bediening plaas waar nodig. Elke leier is toegewyd met ‘n hart om te bedien.

Skakel vir Pastoor Matthys Maree by 076 850 9477 om meer uit te vind oor die Jeug en Jong Volwassenes-dienste.



Genesingsdienste word elke week in die Satellietkerk gehou. Skakel gerus die kerkkantoor op 012 751 1177 om meer uit te vind.
Nagmaal
Elke eerste Sondag van ‘n nuwe maand, is ‘n nagmaaldiens. Elke persoon kry aan die einde hul eie glasie en broodjie om die nagmaal saam te neem. Die Pastoor lei die nagmaal in gebed.
Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
– 1 Korinthiërs 11:26
Doopdienste
Twee maal per jaar word daar ‘n doopdiens gehou op ‘n Sondagaand om 18h00. Kom net soos U is, daar is geen beter tyd as NOU nie.
Bring gerus vir u gemakliker klere en ‘n handdoek saam vir hierdie aand.
Ewige Lig voorsien ‘n doopkleed, en sal ook ‘n handdoek vir u beskikbaar hê, indien u die aand sou besluit om voort te gaan met die doop.
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. – Matthéüs 28:19
Inseëndienste
Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf. Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.
– Matthéüs 19:13-14
Goeie Vrydag
Paasdiens
Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan.
– Markus 9:31
Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring. – Efésiërs 4:10
Hemelvaart
Geloftedag |
16 Desember
|
Geloftedag
Elke jaar op 16 Desember herdenk ons ‘n dag wat die Almagtige, Drie-enige God se hand uitkoms gebring het by die slag van Bloedriver.
As jy aan die Here jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie.
– Deutenomium 23:21

Kersfees is ‘n tyd vir familie, maar dit is ook die tyd wat ons Saligmaker en Verlosser gebore is. Elke jaar op 25 Desember vier ons hierdie spesiale dag met ‘n geestelike Kersdiens.
Kersdiens
Nuwejaarsdiens
Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
– Jesaja 43:19