KINDERKERK
KINDERKERK
“Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie . . .

Ewige Lig kinderkerk bestaan uit klassies vir elke ouderdom vanaf 3 jaar tot 13 jaar. Daar is ‘n leerplan vir elke ouderdom afsonderlik, wat bestaan uit 35 verskillende lestemas. Elke ouderdomsgroep vanaf 6 tot 11 jaar het ‘n seuns- en dogters-klas apart. Tydens vakansietye word ‘n vakansieprogram aangebied met heerlike speletjies en kunsaktiwiteite vir alle ouerdomme.